top of page
b.jpeg

DIE NARRATIEF

So n bietjie agtergrond:

‘’VERTROU NIEMAND is oor n film wat geskiet is waartydens 2 van die akteurs vermoor word. Dan tref lockdown die land en almal word vasgevang in hul wonings.

Kaptein van Niekerk ‘n afgetrede speurder se hulp word ingeroep waneer nog van die akteurs tydens die lockdown een vir een vermoor word.


Wat VERTROU NIEMAND so interresant maak is dat selfs die akteurs nie geweet het wie van hulle die eintlike moordenaar/s was tot en met die laaste scene nie.’’ 'n Pierre Van Niekerk Film

Story: Story

Afrikaanse Nuus, Radio & Info

MEDIA Release: https://nuus.net/

Posted on 22/07/2020

​Inperking het ’n reuse impak en slag gelaat onder verskeie industrieë. Die rolprent en TV bedryf ervaar ook die strop om die nek. Dit het mense in die bedryf gedwing om aan alternatiewe metodes te dink om die bedryf aan die gang te hou. Die uitdaging was om die betrokkenes veilig te hou en steeds eersteklas vermaak te bied.

Vertrou Niemand handel oor akteurs wat vermoor word tydens ’n verfilming. Dan tref inperking die land en word almal in hulle wonings vasgevang. Die hulp van afgetrede, oud-speurder, Kaptein van Niekerk word ingeroep wanneer nog van die akteurs, tydens die inperking, een vir een vermoor word.

Alhoewel verskeie soortgelyke projekte die lig gesien het gedurende hierdie tyd, is Vertrou Niemand ’n eerste in Afrikaanse inperkings rolprent. Die rolprent, wat nog in redigeringsfase is, behoort ’n vollengte film te wees.

“Ons was dit aan die publiek verskuldig om met iets uniek vorendag te kom en te verseker dat films en TV nie tot stilstand kom nie.” – Pierre van Niekerk

Story: Welcome
bottom of page